Thursday, April 24, 2014

In stukkies gebars

Jy't my weer bejy
toe jy my afskilfer
deur sagkens
in my oor te fluister
Jy daarbuite
ek
hierbinne
met gebroke glas van blou-vlam-hart
met net asyn geblus
Jy's my middernag-son
my koue koffie
maar my wereld tuimel
toegedraai, weggesteek, onder 'n kombers
in my kamer
het my horlosie geval
en in stukkies gebars toe ek dit wou optel
Een keer was jy hier
Al was dit vir altyd.

No comments:

Post a Comment